Ons wens soms dat ons die horlosie kon terugdraai!

Maar die tyd stap teen 'n vasgestelde universele tempo voort.

Daarom moet ons NOU voorsiening maak vir die toekoms!

 

Voldoening aan die PAIA-wet

 

 
 
     
 

     

-----------------------------------------------------------

'n Laserskyf van die seminaar wat op 30 November 2011 gehou is, is nou beskikbaar teen slegs R 50.00 - sien hieronder.

Oorsig van die finansiële gebeure in die wêreld en hoe dit jou beleggings raak

  • Oorsig van die finansiële gebeure in die wêreld.
  • Oorsig van die finansiële gebeure in Suid-Afrika.
  • Scenario’s oor die toekoms en hoe dit jou beleggings oor die volgende 5 jaar gaan beïnvloed.
  • Beleggingsinstrumente en hoe dit jou boedel beïnvloed.

Klik hier om te bestel

Terugvoering oor die seminaar

Beste Dinamika,
Ek wil net graag baie dankie sê vir die inligtingsessie van gisteraand. Dit was regtig vir my baie insiggewend. Ek dink die belangrikste is dat die dinge wat saak maak t.o.v. ons geldsake binne 'n kort tydjie aan ons uiteengesit is, op 'n manier wat vir ons as "gewone man op straat" verstaanbaar is.
Groete en beste wense
Jopie

Klik hier om te bestel

-----------------------------------------------------------


As u 55 jaar en ouer is,  kan u die kapitaal onder u eie beheer by die normale uitbetaaldatum uit u uittredingsannuiteite dramaties verhoog!

Dinamika Makelaars dra sy kliënte se gemoedsrus op die hart

Ons lewe tans in die mees onsekere finansiële tyd sedert die dertiger jare van die vorige eeu. Ons besef dat ons kliënte baie bekommerd oor hul finansiële posisie kan wees, veral dié persone wat afgetree is óf baie na aan aftrede is. Dinamika poog dus om sy kliënte in staat te stel om met gemoedsrus die onsekere finansiële toekoms binne te gaan. Daarom verskaf ons ‘n totale pakket aan ons kliënte wat sal verseker dat die negatiewe wêreld-ekonomie so min as moontlik impak op u finansiële status sal hê, vir versekerde gemoedsrus gedurende die goue jare na aftrede.

Ons benadering in terme van beleggings was nog altyd konserwatief met ‘n verspreiding van die beleggings in ‘n goed bestuurde groei-portefeulje. Ons neem nie enige risiko’s met ons kliënte se beleggings nie en ons doen slegs besigheid met maatskappye wat deur die Raad op Finansiële Dienste goedgekeur is.

Behalwe beleggings verskaf ons ook ‘n eenstop diens om te verseker dat u naasbestaandes nie onnodige bekommernisse by u afsterwe sou hê nie.

Blaai gerus deur ons webwerf en sien wat ons u alles kan bied.

 

Lees gerus die artikels elders op die webwerf: "Hoe werk 'n pensioenfonds"
en
"Hoekom verloor beleggers hul kapitaal?"