Dinamika se Produkte • Beleggings Aangesien ons finansieel konserwatief is, en nie fondse by onsself belê nie, het ons kontrakte by goedgekeurde maatskappye om hulle produkte af te lewer. Ons weet hoe om uittredingsannuiteite te verander sodat u by die uitkeerdatum, soos in die kontrak genoem, meer kapitaal as die normale een derde onder u beheer het (mits u ouer as 55 jaar is).
Ons is van die min maatskappye (of die enigste) wat ‘n kontantvloeistaat vir die kliënt se lewensverwagting opstel en bestuur. Ons glo die manier waarop ons dit doen is uniek. Ons terugvalstelsel is beslis uniek. Vra ons meer daaroor.
Ons glo dat lewensdekking en spaar van mekaar geskei behoort te word. Ons sal dus nadat u behoefte bepaal is,die goedkoopste lewensdekking verskaf en daarna die spaar by wyse van onder andere rentedraende instrumente bewerkstellig.
Ten einde met gemoedsrus af te tree, stel ons voor dat ons 5 jaar voor die beplande aftreedatum, 'n aftreebeplanning doen.
Ons glo dat slegs een belegging nie die oplossing vir 'n belegging is nie, maar wel 'n kombinasie van beleggings.
Ons dink dat boedelbeplanning en beleggingsbeplanning nie van mekaar geskei kan word nie.
Ons beredder boedels op 'n uiters simpatieke EN persoonlike wyse. Kliënte kry automaties 0.5% afslag en aandeelhouers van Ateksana Beperk kry 'n verdere 0.5% afslag op eksekuteurskoste. Ons is van die min maatskappye (of die enigste) wat ‘n kontantvloeistaat vir die kliënt se lewensverwagting opstel en bestuur. Ons glo die manier waarop ons dit doen is uniek. Ons terugvalstelsel is beslis uniek. Vra ons meer daaroor. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||