Artikels |
||
------------------------------------------------------------------------------------------------- Dit sal op 27 Desember 2011 om 16:00 en weer op 10 Januarie 2012 om 16:00 uitgesaai word. -------------------------------------------------------------------------------------------------
Heelwat beleggingsmaatskappye het die afgelope jaar of drie probleme ondervind en beleggers daarin het insgelyks heelwat skade opgedoen. Die name OVATION, DYNAMIC WEALTH, FIDENTIA, SHAREMAX en CAPE REALCOR is in die verband algemeen bekend. Dat beleggers kan sê dat die owerhede en institusies hulle moes beskerm is waar. Dit is egter ook waar dat beleggers soms hul eie grootste vyand is. ‘n Paar faktore wat hierin ‘n rol speel is:
As beweer word dat ‘n belegging ‘n “gewaarborgde” opbrengs van 14% lewer, terwyl die gemiddelde heersende opbrengskoers 7% is, behoort die belegger dadelik lont te ruik. Dit gebeur egter nie, want “gierigheid” noop ons dan om die 14% te aanvaar. Die raadgewer kan ook gierig wees, want die persoon wil dalk op die vinnigste en maklikste manier by hoër inkomste uitkom. So ‘n raadgewer spreek dan die belegger se gierigheidsgevoel aan.
In ‘n tydperk van lae opbrengskoerse en in ‘n omgewing waar kostes bly styg soos voedsel, mediese versorging en brandstofpryse word ‘n belegger soms gedwing om ekstra inkomste uit beperkte kapitaal te forseer. Eintlik weet die belegger dat hy op hoër risiko is, maar ignoreer dit “ter wille van oorlewing”. Die vraag wat eintlik beantwoord moet word is: “Hoe oorleef ek as ek my kapitaal verloor?” Insgelyks is die raadgewer onderworpe aan dieselfde faktore met ‘n bykomende faktor naamlik, die handhawing van ‘n hoër lewensstyl, want ‘n goeie raadgewer “moet mos demonstreer hoe welvarend ‘n mens kan wees.” Hy val dan in die strik om die weg van die minste weerstand te volg deur die produk met die hoogste skynbare groei ten alle koste te bemark.
Wat opvallend is, is die mate waarin sekere beleggings by sosiale geleenthede bespreek en “verheerlik” word. ‘n Belegger loop die “geheim” van hoër koerse raak en begin daarmee spog . Ander volg omdat hulle voel: ”ek wil ook die geleentheid benut want baie ander mense doen dit dan reeds”. So ontstaan groepsdruk. Die vraag moes wees: “Waarom doen die groter en bekende maatskappye dit dan nie?” of: “Hoekom bemark die persoon, wat so kundig voorkom oor beleggings by die braaivleisvuur, dan nie self beleggings nie?”
Een van die eerste oplossings is diversifikasie (verspreiding van kapitaal). Dit is goed om kapitaal te sprei oor:
Kry liefs een raadgewer wat:
Raak asseblief ook ontslae van die siening dat vier produkte gebruik word op voorwaarde dat almal buitengewoon moet presteer. Meet liewers die totale portefeulje teen ‘n realistiese maatstaf, byvoorbeeld 8% opbrengs. Op hierdie manier is dit makliker om op een produk, ‘n verlies of buitengewone groei, op ‘n ander te verwerk.
U sal opmerk dat die word “stabiele” en nie “welvarende” gebruik word nie. ‘n Stabiele raadgewer kan verskillende produkte van verskillende maatskappye bemark; is gemagtig deur die RFD; het ‘n goeie werksrekord; handhaaf gesonde praktyke en is op datum met opleiding. Hierdie feite kan deur goeie vrae en die aanvra van verwysings bekom word. Die beste teken is die feit dat so persoon verskillende produkte na alle waarskynlikheid sal aanbeveel in plaas van net een of die “geur van die maand”.
Dit spreek vanself dat kapitaal van R 100 000 tog nie ‘n opbrengs van R 60 000 per jaar volhoubaar kan lewer, of ‘n volhoubare inkomste van R 5 000.00 per maand nie. Aanvaar dus die onvermydelike, naamlik dat die kapitaal te min kan wees om die behoefte te bevredig.
Dit gebeur te veel dat ‘n raadgewer buitengewone aansprake maak as ‘n produk aanbeveel word, maar nie beskikbaar is as probleme ontstaan nie. Ons bly lank by dieselfde dokter of prokureur, hoekom dan nie dieselfde met ‘n beleggingsraadgewer nie? In die verband moet onthou word dat daar verskillende spesialiste is naamlik:
Dit spreek vanself dat iemand wat goed is met beleggings tog nie mediese versekering behoort te verskaf nie. Dit is moeilik genoeg om op datum te bly met een afdeling. -------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoe werk ‘n pensioenfonds Jy nader nou die tyd om af te tree. Miskien nie heeltemal vrywillig nie, en jy wou dalk nog ‘n paar jaar gewerk het. Aan die anderkant is jy dalk een van dié wat regtig moeg geword het om elke dag die verkeer te beveg, óf dalk net moedeloos is met die bestuur van jou maatskappy en dus besluit het dat vroeë aftrede die regte ding is om te doen. Jy sal dus nou afhanklik wees van ‘n pensioen. Dalk is jy een van die gelukkiges wat vanaf die eerste dag wat jy begin werk het ‘n bietjie geld opsy gesit het vir hierdie tyd. Die vraag is egter wat jou inkomste gaan wees as jy aftree? Hoe werk ‘n pensioenfonds? Wat is ‘n pensioenfonds? ‘n Pensioenfonds is ‘n belegging. Dit is nie sommer net ‘n hoeveelheid kapitaal wat êrens in ‘n rekening lê en waaruit ‘n mens, tot die dag van jou dood, elke maand ‘n sekere bedrag kan onttrek nie. Jou kapitaal word by ‘n geregistreerde finansiële instelling belê sodat dit darem oor tyd ‘n bietjie kan groei. Daar is twee elemente van belang as ons na ‘n pensioenfonds kyk. Die eerste is die belegging(kapitaal) waarop rente verdien moet word, en die ander is die hoeveelheid geld wat maandeliks uit die pensioenfonds onttrek gaan word. Jy het eenmiljoen rand beskikbaar wat jy as pensioen wil aanwend. Ons noem dit die aanvangskapitaal van jou fonds. Jy gaan besoek ‘n makelaar of finansiële adviseur en vra hom/haar om die geld vir jou in ‘n fonds te belê. Daar is verskillende maniere waarop die geld belê kan word. Sommige beleggings gee ‘n hoë opbrengs, maar die risiko dat iets verkeerd kan loop, is ook hoër. ‘n Algemene reël is dat hoe hoër die risiko, hoe hoër die opbrengs op die dag wat die belegging gedoen word. As iemand dus ‘n belegging met ‘n opbrengs van sê 20% per jaar aanbied, is die risiko (waarskynlikheid) dat daar in die toekoms iets drasties skeef kan loop, redelik hoog. Gaan kyk maar net na die hofsake van die afgelope paar jaar waar pensioenarisse byna al hulle geld verloor het. Aan die ander kant is ‘n belegging met geen risiko ook nie ‘n oplossing nie, want dan gaan jou rente so min wees, dat jou fonds baie gou uitgeput gaan raak. Dit word hieronder bespreek. ‘n Goeie makelaar of finansiële adviseur sal dus die geld só belê dat daar ‘n redelike balans is tussen die risiko en die opbrengskoers (rente). Gewoonlik word die kapitaal in ‘n beleggingsportefeulje geplaas wat die kapitaal oor verskillende bates versprei. Dit word ‘n batesamestelling genoem. So ‘n batesamestelling kan byvoorbeeld bestaan uit 60 % in ‘n aandeel gekoppelde belegging, 20% in eiendomsbelegging en 20% op die geldmark. Met ander woorde, al jou eiers kom nie in een mandjie nie. Dit verminder ook die risiko op jou belegging sodat, as daar ‘n probleem êrens ontstaan, jy nie groot somme geld sal verloor nie. Hierdie beleggingsportefeuljes is by verskillende finansiële instellings beskikbaar en word deur kundige portefeuljebestuurders hanteer. Jou makelaar of finansiële adviseur sal vir jou ‘n spesifieke beleggingsportefeulje aanbeveel na aanleiding van jou eie behoeftes. Voorbeeld Kom ons kyk nou na ‘n voorbeeld met drie verskillende scenario’s: Veronderstel ek het een miljoen rand beskikbaar om in ‘n pensioenfonds te belê. Die vraag is, wat is my maandelikse inkomste en hoe lank gaan dit hou? Eerste scenario Veronderstel dat jy die kapitaal belê teen ‘n gemiddelde en realistiese opbrengskoers (rentekoers) van 7.5% per jaar (nadat al die fooie afgetrek is - die portefeuljebestuurders en die makelaar moet êrens die geld vandaan haal om ‘n diens vir jou te lewer). D.w.s. jy verwag om R 75 000-00 per jaar rente-opbrengs te verdien. Dit is R 6250.00 per maand. In die ideale omstandighede sou jy die res van jou lewe dan R 6250.00 per maand kan ontvang. (Dit is as daar nie een of ander finansiële krisis ontstaan wat die finansiële markte laat ineenstort nie!). In hierdie ideale wêreld sal jou aanvangskapitaal dieselfde bly. Maar ons lewe nie in ‘n ideale wêreld nie, en die opbrengskoers mag dalk daal. In so ‘n geval sal jy, behalwe jou rente, ook nog van jou kapitaal onttrek (sien die tweede scenario hieronder), wat beteken dat die tyd wat jy pensioen sal kan ontvang natuurlik korter gaan word. Kort voor lank het jy nog net negehonderd duisend van jou eenmiljoen oor. Die omgekeerde is ook waar. Jou belegging mag dalk baie goed presteer sodat jy meer as 7.5% groei ontvang. In daardie geval kan jy daaraan dink om die bedrag wat jy maandeliks ontvang, te verhoog (sien die derde scenario hieronder). Tweede scenario Hierdie scenario geld waar die opbrengskoers laer is as die maandelikse/jaarlikse inkomste wat jy wil ontvang. Veronderstel jy belê jou hele pensioen in ‘n geldmarkfonds met ‘n risiko-vrye opbrengs van 4% per jaar. Dit is dan R 3333.00 per maand. As jy besluit om maandeliks meer as dit te onttrek, sal jy natuurlik van jou kapitaal opgebruik. Veronderstel dat jy besluit om, soos hierbo, R6250.00 per maand te ontvang. Die kapitaal in jou pensioenfonds sal dan maandeliks met R2917.00+ verminder. Maar onthou: hoe meer kapitaal jy onttrek, hoe laer is die rente wat jy kan verdien, en hoe meer die kapitaal wat jy weer moet onttrek, en.......... (‘n bose kringloop). Kort voor lank is jou pensioenfonds uitgeput. (LW! Die geldmark is nie heeltemal risiko-vry nie, wat dit is afhanklik van die uitleenkoers soos deur die Reserwe Bank bepaal). Derde scenario Hierdie scenario geld waar die opbrengs hoër is as die maandelikse /jaarlikse inkomste wat jy wil ontvang. Veronderstel jy belê die pensioen in ‘n fonds met ‘n gewaarborgde opbrengs van 10% per jaar. Jy verdien dan R100 000.00 per jaar of R 8333.00 per maand. As jy besluit om minder as dit te wil ontvang, dan sal jou kapitaal groei. Veronderstel dat jy besluit om soos hierbo R6250.00 per maand te onttrek dan sal jou kapitaal in jou pensioenfonds met R 2083-00 per maand groei. Na die eerste jaar sal daar dan R 1 024 996-00 in jou fonds wees, plus natuurlik die ekstra rente op die verhoogde kapitale waarde van jou fonds. Veels geluk, jy het ‘n versekerde oudag, of dalk nie? Die effek van inflasie Bostaande het ongelukkig nie die effek van inflasie in ag geneem nie. Met ‘n gemiddelde inflasiekoers van 6% per jaar, sal ‘n mens gedwing word om elke jaar meer uit jou pensioenfonds te onttrek as wat jy in die vorm van rente terugplaas. Die effek daarvan is dat dit die leeftyd van jou pensioenfonds baie gaan inkort. Die implikasie van al bostaande is dat ‘n mens gereeld aandag aan jou pensioenfonds moet gee en dat dit behoorlik bestuur moet word. Jou makelaar of finansiële adviseur kan jou hierin bystaan. As jy enige vrae of kommentaar op bostaande het, kan jy gerus hier met ons in verbinding tree. Die werklike effek van inflasie en inkomstebelasting op 'n pensioenfonds sal in volgende artikels bespreek word.
|
||