Wat ek ookal vandag doen is belangrik
omdat ek 'n dag van my lewe daarvoor gee.
(Anoniem)

 
 
     
 


Dinamika Makelaars

 

ATEKSANA BEPERK is ‘n beperkte maatskappy met tien miljoen aandele, wat handel dryf as DINAMIKA. Agt miljoen van die aandele is opgeneem deur van die personeel en kliënte, waarvan die meeste deur kliënte besit word.

FSB LISENSIENOMMER 12693

Direkteure
Chris Pelser (Kliënt) Afwykingsbestuur
Boet Schoonraad (Kliënt) Interne Oudit
Prof Schalk Botha (Kliënt) Beeld en Etiek
Willem Smit (Besturend)
Jurie Dreyer (Verkope)
John Manning (Kliënt) Algemeen


Ons missie is:

Dinamika stel sy kliënte en personeel in staat om met gemoedsrus 'n onseker finansiële toekoms binne te gaan.


Ons doen dit deur:

  • 'n Een-stop finansiële diens te lewer.
  • ‘n Goeie, persoonlike en gemaklike verhouding met ons kliënte te handhaaf.
  • Ons diens aanhoudend te verbeter.


Ons is:

  • Onbeskaamd AFRIKAANS, alhoewel ons op ENGELS ook kan sake doen en ook lojale Engelstalige kliënte het, waarvan sommige al 25 jaar lank met ons sake doen.
  • Finansiëel konserwatief. Ons is dus nie bereid om met kliënte se beleggings risiko's aan te gaan nie.
  • Ons plaas slegs besigheid by maatskappye wat deur die Raad op Finansiële Dienste goedgekeur is. Ons plaas geen beleggings in ons eie maatskappy nie.


Ons kernwaardes is:

  • Eerlikheid
  • Openlikheid
  • •Ons vertrou mekaar en verwag dat ander ons sal vertrou